Saturday 27 February 2010

Partytjie op die Plaas

In opdrag....

Dis altyd 'n kopseer vir my om vir my eie kinders 'n partytjie te hou... Kry altyd die gevoel die verwagtinge is groot, siende ek dit vir ander mense doen van tyd tot tyd...

Toe ons uitgevind het Liezel is nie meer Liezel nie, maar 'n Eugene (jip, die Ginekoloog het so effense foutjie begaan en darem betyds agter gekom - heel laat in my swangerskap)... was Dawie stom geslaan vir 'n paar dae en my eerste woorde was - Jippeee! Nou kan ons 'n Bob the Builder partytjie hou!

So het Eugene se 1ste verjaarsdag gekom - 'Onder die See' tema... Daleen het die mooiste walvis koek gebak... Daar was 60 helium ballonne wat bokant die tafel gesweef het (die hele vertrek vol), dit moes die bubbles simboliseer. Elke kind het 'n partytjieblikkie (ou poeiermelk blikke) gekry met lekkergoed in (dit moes soos vis aas blikke gelyk het). Omdat hy mooi op die koudste tyd van die jaar verjaar, moes ons seker maak dat daar aktiwiteite is - ek het vir elke kind 'n kleur gekies en vissies gesny en magneet vistokke gemaak - die kinders het dit ge'luv'...

Toe kom sy 2de verjaarsdag - Bob the Builder, sal jy nou raai... maar, nee...
Het lank gewik en weeg, dan die, dan daai! Maar niks het lekker ge'sit' nie...

Ek blaai deur die Baba & Kleuter... Op hulle advertensieblad is daar 'n foto van 'n oulike hout beeslorrie - ek bel die nommer om te hoor wat dit kos, want dit sal nou lekker werk om die lekkergoed in te sit! En daar en dan besluit ek op 'n plaas partytjie...

Ek bel die beeslorrie se nommer. Dit is die nommer van Vrystaat Nasorg in Bloemfontein. Hulle versorg verstandelik gestremde mense - hulle leer die mense om allerande handwerkgoed te doen! WOW!!! Hulle doen goeie werk en het nogal 'n wye verskeidenheid van goed om van te kies. Ek kies trekkers met waentjies... En is skoon uit my kassie uit!!! Nou om die goed hier te kry. Huisvriende van my skoonouers bly in Bloemfontein... Oom Koos sal die boks met 24 trekkers gaan optel, hulle het 'n '21st' in Welkom, sy seun wat in Pretoria bly sal dit by die 21st kry en dit dan na ons toe bring - Yes!!!

My sussie-hulle bly op 'n plaas... kan nou nie meer onthou of ek gevra en of hulle dalk aangebied het nie, maar ons gaan die partytjie daar in die skuur hou!

Jannie en sy werkers werk hard om die skuur skoon te kry - Baie, Baie, Dankie!
Betsie het nie teelepels nie... Ek sal koop (dit word geskenk om Dankie te sê)
Amper almal sien kans vir die pad Balfour toe, net vir die dag!
Dawie koop hooi bale by FarmCity... dit sal sommer as die kinders se tafel dien
Daleen het opdrag om weer die bees uit die kraal te ruk met 'n verjaarsdag koek en koppiekoekies.
Daar's 'n trekker en waentjie met lekkergoed vir elke kind!

Die groot dag breek aan:
Die weer speel saam - dis heerlik warm
Op die spyskaart is koffie en tuis(nywerheid) gebakte beskuit
Vir middagete is daar boerewors rolletjies, wat die manne sommer vir ons braai - dit ruik heerlik!
Die kinders baljaar, geniet die voerkrale en beeste, die vlaktes en klim Jannie se hooi bale uit tot almal vuil en vol hooi is!
Die trekkertjies is 'n groot treffer - Melissa het 'n tou om hare vasgemaak en trek hom orals agter haar aan!

Dawie merk op: 'die kinders sal oor 30 jaar die dag onthou, dat hulle op 'n regte plaas was, hulle sal nie kan onthou wat die geleentheid was of wie se plaas dit was nie, maar hulle sal die lekker daarvan onthou'

Dit is waarvan partytjies aanmekaar gesit moet wees... mooi herinneringe... saam met jou eie 'special' mense!

Tuesday 23 February 2010

Idees...

Party mense het darem goeie idees... oorspronklik! Ek verstom my altyd aan die mooi koeke en goedjies wat mens op die internet sien...

Eugene het klaar bestel vir sy partytjie die jaar (2010) - dit het begin by 'n 'looi kal tytjie' (rooi kar partytjie)... Ok - CARS kan die ding doen (alhoewel ek 'n beginsel probleem het om die hoofstroom temas te kies vir my kinders se partytjies)!!! Nee, toe kondig hy triomfantlik aan dit moet 'n 'looi kal blandweel tytjie' (rooi kar brandweer partytjie) wees! Ek spring uit my vel van opgewondenheid en het klaar 'n magdom van idees... maar dit sal moet wag vir Julie!!!

Melissa is 'n ander storie - sy wil 'n Hannah Montana partytjie hê - nee, ons kyk nie eers na Me Montana se storie nie... dit kom van die skool af... 'maar Mamma, ons hoef vir niemand te sê dis 'n Hannah Montana partytjie nie...' Sal nog bietjie moet werk aan die ene!

Ek het 'n skoonsussie - die vrou se kreatiwiteit ken geen perke nie! Met haar oudste seuntjie se eerste verjaarsdag hou ons partytjie (hulle kuier hier van Ghana af op daai stadium)... Ek was uit my beste 'Crocs' uit verras! Die tema was bere - elke kind het 'n sakkie gekry met 'n beer op en 'n koeldrank in 'n koeldrankbotteltjie (daai wat ons altyd in ons kosblikke gekry het). Daar was vir elke kind 'n voorskoot gemaak van 'n wit sak ook met 'n beer voorop. Sy't 'cupcakes' gebak en 'n klomp versiersuiker aangemaak, Smarties ens. uitgesit en die groter kinders kon cupcakes versier na harte lus! Die kinders het dit baie geniet en het hulle eie skeppings met baie trots vir die groot mense gegee om te eet!

Die einste nefie het die jaar 'n gogga partytjie gehad - die kinders het piekniek gehou met hul lekkergoed in blombakkies... MAAR die hele plek was oortrek met goggas en wurms wat sy uit papier en eierhouertjies gemaak het... Die goggas het van die dak af gehang, uit die bome, teen die mure... ORALS NET GOGGAS!!! Twee weke later het sy die jonger nefie se verjaarsdag gehou met 'balle' as tema... Mense, wie sou nou kon dink om jou eie balle (soos daai stresballe) te maak... Ek like!

Ek kyk die nuwe Partytjie Idees tydskrif deur... Hulle wys daar 'n fyn porselein teekoppie met spookasem in - dit lyk so fraai! Hulle uitkamp partytjie vir ouer seuntjies dink ek ook is baie oulik - klaar besluit Eugene kan 'n kamp partytjie kry wanneer hy 7 word - dalk sal oom Jannie weer vrygewig wees met sy plaas!

Monday 22 February 2010

Op 'n ligter noot... blapse & binne pret!

Ek en Dawie gee onsself uit as 'snap shot' fotograwe - ja, lag maar! Het nogal 'n paar mooi kiekies geneem op verskeie partytjies...

Ons eerste formele 'shoot' ('humour' my) was vir 'n prokureursfirma wat 'n Kersfunksie vir minder bevoorregtes gehou het... Ons leen my skoonpa se kamera ook vir die okkasie en ge'gear' met twee kameras, 100+ partytjie boksies en die laptop, daag ons op... Gelukkig sit ek ons eie kamera voor die tyd aan... die seewater wat hy so paar maande van te vore gekry het, het sy tol begin eis en is die splinternuwe batterye afgeloop - Dawie jaag om nog batterye, sommer 'n hele klomp! te gaan bykoop! Daar was nie parkering naby nie en het jy al 100+ partytjieboksies ongeveer 800m ver probeer dra? Nie so maklik nie, want die goed is vrek swaar! Die opdrag was 'snap shots' van elke kind saam met Kersvader! En sommer net so van almal terwyl hulle speel! Die firma het nogals baie moeite gedoen en daar was springkastele van elke kleur en geur, ook 'n water glybaan, 'face painters', 'n kulkunstenaar & iemand wat balonne vou. Op hierdie funksie het Kersvader uit 'n vliegtuig gespring met 'n valskerm... die fotonemery was nogal lekker, maar die probleem het begin toe die kinders hul persente by Kersvader moet gaan kry... Meeste gesiggies was donker, in 'n lapa wat ook donker is... Probleme met 'n hoofletter 'P' - dit was lekker, die foto's is afgelaai en op CD oorhandig en die taak was wel gedaan!

Op 'n ander partytjie het ons weer gaan 'snap shot' foto's neem, die keer was die opdrag 'n foto van elke kind (60 van hulle), wat dan in 'n raampie moet kom met 'n magneet agter aan. Hier het ons 'n paar logostieke probleme ondervind.... Die reëling met die ma was, ons neem foto's soos die gaste aankom (kan nie langer as 'n halfuur vat nie man!), daarna ry ons om dit te gaan ontwikkel (2 ure) en voor die einde van die partytjie is ons terug om vir elkeen sy foto te gee... Ons het nie tred gehou met:
a) die feit dat in die Afrika kultuur dit nie vreemd is as daar meer mense opdaag as wat oorspronklik genooi is nie;
b) gaste nie noodwendig betyds is nie; &
c) die name redelik volksvreemd kan wees nie
Maar:
* Ons het op die nippertjie almal klaar afgeneem (hardloop klaar 'n uur laat)
* Het die foto's ontwikkel by die naasste fotoplek - nie noodwendig die een wat ons in gedagte gehad het nie... maar was darem betyds om die fotos te kan ontwikkel net-net voor toemaak tyd
* Ons moes in die middel van 'n mall sit en fotoraampies lamineer en magnete aansit... Murphy was op sy stukke en was daar gelukkig 'n 'wireless internet' uitstalling met groot baniere en banke waar ons, onsself kon tuismaak vir die aksie... 'n Hele paar aspirant kliënte (vir die internet co.) moes teleurgesteld omdraai...
* Teruggejaag en uit asem het ons net-net die foto's betyds terug besorg!
Done!

By dieselfde partytjie het ons ook ons 'party joke van die eeu' gekry... Jy kon seker al aflei dat die partytjie ook redelik (ok, almal was) bygewoon is deur mense van kleur... Daar's so paar perdry partytjie venues in Kyalami, almal redelik naby aan mekaar en mens kan maklik by die verkeerde ene instap, onwetend van wat op jou wag... Ons sit so 200m in die venue in, besig om almal te kliek soos wat hulle arriveer. Dis 'n gewemel soos wat jy nie kan glo nie, 'n besige lot kindertjies! So van ver af sien ons hier kom 'n Mamma (blekerig van kleur) met 2 kinders (seun en 'n dogtertjie) aangestap. Die seuntjie dra 'n groterige persent by hom - hy hou dit so voor sy bors vas met sy arms gekruis daaroor... Hulle stap senuwee-agtig, reguit af op die enigste ander blekerig van kleur persone daar (dis nou ons) - hoe verder hulle in die gewemel instap, hoe stywer hou die knapie die persent vas... Toe hulle by ons kom, vra hulle of dié Kareltjie* se partytjie is, ons sê nee, dis Kagiso* s'n... Dit was asof 'n berg van hul skouers afgeval het, hulle gesigte het boekdele gespreek van verligting... Hulle het heel beleefd die eiendom verlaat, en ek glo die persent is veilig oorhandig aan die bleker verjaarsdagmaatjie by 'n ander venue oorkant die straat. :D

The names(*) have been changed to protect the innocent...

Sunday 21 February 2010

In gesprek op TV.... Partytjie Etiket... according to me

Ek was eenkeer op 'n TV geselsprogram. Die dag het die program oor partytjies gegaan... Het interessante mense tydens die opname ontmoet... Ek was erg op my senuwees, ek kan nou sê ek was al op TV, in 'n 'green room' (wat so 'by the way' nie 'green' is nie...), is na 'make-up' en terug na die 'green room'... Is ge'wire' en het my naam met 'n plank geslaan, want ek antwoord die 'presenter' wat eintlik met iemand anders gesels wat in haar oor praat... 'n STEIL leerkurwe.

Snaaks hoe verskil mense se idees oor partytjies... Verskille tussen taalgroepe, rasgroepe en selfs die plek waar jy bly het 'n invloed...

Terug by die program.

In een van die segmente moes ek en een van die ander gaste gesels oor persente... Was ek verstom toe die dame (Engels & woonagtig in een van die stinkryk voorstede van Jozi) vertel dat by haar seuntjie se partytjie, sy 'n 'designated' persent ontvanger by die voordeur het, wat die persente ontvang en gaan toe sluit in 'n kamer... Oh my word!!!! Die persente word dan een-vir-een oopgemaak oor 'n tydperk van 'n week! Soos ek in 'n vorige 'post' gesê het - ek's nuuskierig... so die een gaan NIE vir my werk NIE! En nog minder vir my kinders! In ons geval (en so ook die meeste van ons familie & vriendekring) sit die gaste die persente iewers neer, geen 'designated' persoon ontvang dit nie en daar's ook geen spesiale plekkie daarvoor nie... As die kersies geblaas, die kinders moeg gespeel is en wanneer dit amper huis toe gaan tyd is, maak die verjaarsdagmaatjie die persente oop (somtyds met die ongevraagde hulp van die ander klein partytjiegangertjies). Almal kan dan die genot daarvan ervaar! Wonder nogal wat die oorweging agter so 'n reëling is.

Het jy geweet dat in ons mede-Afrikane se kultuur hulle 10 kinders na 'n partytjie toe sal nooi en 100 kinders sal opdaag! In ons Afrikaanse Afrikaner (haai ook AA) kultuur, sal dit nie sommer gebeur nie - boeties en sussies van genooides is skaars welkom!

Dit bring my nou by die RSVP kwessie... EN ek erken, ek het issues... GROOT issues met 'n ge-RSVP'ery! Dalk is dit die manier waarop ek groot gemaak is, of dalk is dit maar net die perfeksionis binne my wat dit waag om haar kop uit te steek... Ek lees uitnodigings met my etiket oge... As die uitnodiging op die koevertjie, of in die aanhef slegs gerig is aan Sannie, vertrou ek NET Sannie is genooi - nie Jannie, Kosie, Saartjie en die res ook nie! So ook met uitnodigings vir enige ander partytjie of funksie!

Ek's mal daaroor om 'n RSVP op my uitnodigings te sit - dit verplig mense om 'n besluit te neem of hulle wil kom of nie! Dit beperk die nommer 99 dinge wat maak dat jou tyd uitloop en dit gee jou genoeg tyd om jou voorbereidings te doen... Eintlik weet jy mos of jy partytjie toe gaan kom of nie, die oomblik wat die uitnodiging in jou hand is - so hoekom dan nou maar nie RSVP nie???

Ok - nou's jy genooi, jy't ge-RSVP, en nou kom jy by die partytjie... Die vraag as jou kinders nog voorskool is, is gewoonlik iets soos - 'gaan jy bly of gaan jy gly' - ek's altyd onseker met maatjies se partytjies of ek veronderstel is om ook by die partytjie te bly, want almal het nie dieselfde idees nie! By ons bly die Mammas (en selfs party Pappas), vir die eenvoudige rede dat ek nie die verantwoordelikheid van 'n klomp kinders alleen wil dra nie.

Dis maar 'n senuweeagtige storie as mens nie die ander partytjie-gangers ken nie! Waaroor gaan jy nou eintlik gesels - dis mos maar 'n oppervlakkige storie, dis nou nie asof jy jou grootste hartsgeheime met 'n klomp vreemdelinge gaan deel nie. 'Small Talk' oor ditjies en datjies, die mooi verjaarsdag koek, fraai tafel en oor hoe oulik jou kind en die ander kinders is... As die oorgrote meerderheid gaste uit dieselfde gemeenskap / skool afkomstig is, dan word die skool, die uitdagings van dit wat nog ver in die toekoms is ook bespreek en voor jy jou oë uitvee is jy in 'n dolle kolk van: het jy geweets, wat het jy gedoens, wat gaan jy doens? My raad - LOOP OP JOU LIPPE!

Weer terug by die TV program... Ek was geskok!!! Ons het nie 'n idee van hoe om die 'nuwe' tipe partytjies te hou nie... Die mense (hoofsaaklik van Jozi) hou behoorlik 'n mini-troue, alles word beplan in die fynste besonderhede, die uitnodiging MAG nie afsteek nie, 'n sms / email is nie op standaard nie... Die 'venue' word versier, die tafels word gedek en kreun onder al die versnapperinge en goedjies! Die eetgoed vir die volwassenes word keurig berei en voorgesit, gewoonlik is daar 'n entertainer en definitief ook 'n aktiwiteit of 2 - die persent-ontvanger-toesluiter-by-die-voordeur-vrou het vir haar seuntjie 'n Bob the Builder partytjie gehou en het baktene en sement gekoop en die kinders het 'n muur gebou as een van die aktiwiteite (nota aan self: dalk kan ons kinders beide tuin partytjies kry, vir 'n aktiwiteit kan die kinders bossies uittrek). Persentjies vir huis toe gaan tyd is van die beste en na die tyd word dankie-sê briefies uitgestuur. Etiket, Etiket, Etiket!

Ek's altyd van goeie voorneme om dankie-sê briefies uit te stuur na die tyd, maar kom gewoonlik nie daarby uit nie - almal kry darem 'n persoonlike sms om dankie te sê... hopelik aanvaarbaar? Wil vir my blyk dat die perfeksionis in my bietjie op'slip'.

Saturday 20 February 2010

Die evolusie van (my) Partytjies - Deel 2

OK - nou's julle getroud en nie lank nie, dan begin julle met 'n gesin... die ideale geleentheid vir PARTYTJIES... 'n hele nuwe era van partytjies lê voor jou deur en wag (eintlik spring dit teen jou op soos 'n ongehoorsame hond!)

EN dis wanneer die bom BARS!

JY gaan nie partytjies hou soos in die 'ou' dae nie, o nee.... jy gaan dinge doen op jou eie manier!

Ek't in die afgelope 6 jaar redelik baie 'gegroei' (kom ons noem dit maar groei...) in die afdeling! Ons GENIET dit nou al om partytjies tuis te doen...

Partytjies het nie 'goed' op my gesit nie - veral nie in my eie huis nie - want die huis skoonmaak ding was vir my redelik onaangenaam. En as mens wil partytjie hou, behels dit BAIE skoonmaak - eers voor die partytjie, net as jy klaar is wals almal deur jou skitterblink huis, mors dit vuil (nou hoekom moes ek in die eerste plek skoonmaak?), en verkas - en WEER moet jy huis skoonmaak! Dalk is die rede vir my groei in die afdeling dat ek die laaste jaar 'n regterhand gekry het en sy naam is Geoffrey!

Verder is ek vreeslik nuuskierig, dis 'n gegewe dat daar meer as een gesprek op dieselfde tyd gaan plaasvind, dit maak dit moeilik om alles te hoor en niks te mis nie - en volgens die wet van gemiddeldes (myne), word mens 80 % van die tyd vasgevang in 'n gesprek wat minder interessant is as die ene wat jy in die agtergrond kan hoor... FOKUS!!!!

Terug by my punt... jy gaan nie partytjies hou soos in die 'ou' dae nie... Ons praat nou hier van KINDERpartytjies... Met Melissa se 1ste verjaarsdag ('n mylpaal vir enige ouer wat kinders het) het ons 'n koek bestel (want ek's 'n hopelose bakster - ja, ok, ek's sommer net lui), ons het 'n venue gehuur (met ekstra tyd, want ons wil braai) en elke kind het 'n GEMERKTE sakkie met lekkergoed en 'n koeldrank (ook gemerk) gekry... Hoekom? Alles word gemerk, want jy wil nie hê jou skatlike kleintjie moet ander mense se skatlike kleintjies se kieme kry nie... Die kamera se batterye is gelaai, ek't die video kamera in almal se gesigte gedruk om 'n boodskap vir die 1-jarige op te neem en die kinders het gespeel tot hulle vuil en moeg was... Ten minste hoef ek nie skoon te gemaak het voor en na die tyd nie!!! Huis toe gaan tyd was daar weer 'n geskenkie vir elke maatjie ('n sepie en 'n badspeelding volgens tema!)

Intussen het ek oor myself gekom, met betrekking tot die venue ding - en vandat Melissa 4 is het ons die kinders se partytjies tuis gehou! Die oplossing? Beperk die aantal kinders! EN kry 'n aktiwiteit om die kinders mee besig te hou (albei my kinders verjaar in die winter, so die 'what if' reël geld... wat as dit so koud is dat die kindertjies in die huis moet bly.... dan hol jy nie weg nie, nee, jy 'face' dit en speel self 'entertainer' soos op Eugene se 1ste verjaarsdag - ek was hees vir 'n dag of wat daarna - o ja, en stokflou!). Sommiges huur 'n 'entertainer'... My probleem hiermee is die meeste van hierdie mense is Engels sprekend (moet my nie verkeerd verstaan nie, ek KAN Engels... het darem Engels 1 op universiteit onder die knie), maar die krosies verstaan nie noodwendig die Engels nie... Nota aan self: dalk is daar 'n mark vir Afrikaanse 'entertainers'...

Daar het 'n mark ontstaan vir 'party planners' wat spesifiek fokus op kinderpartytjies! Na Melissa se 2de verjaarsdag het ek besluit dis glad nie 'rocket science' nie en het so 'n besigheidjie 'on the side' begin saam met my vriendin (wat KAN bak)! In die 4 jaar het ons 'funny' goed gesien, van 'n Tiki koek, tot Winnie the Pooh No. 1 wat ek seker is Daleen kan al toe oë versier

Intussen het die mark vir 'party planners' oorvol geraak - almal daarin om 'n geldjie te maak en soms voel ek mens word uitgebyt... Soos by die een partytjie 'venue' waar ons 'n partytjie bygewoon het: Bo die koppies en pierings vir die volwassenes se gebruik was daar 'n nota: 'If you break - you pay!' - wat het die mense gedink???? Dis 'n plek vir kinderpartytjies, sekerlik gaan daar een of ander tyd 'n ongelukkie wees en gaan daar 'n koppie of piering kraak.... in die lewe pak jy dan nou nie jou Noritaki uit nie... As jy vat die venue (en ek bedoel NET die venue) kos jou klaar 'n arm & 'n been (gewoonlik enige iets tussen R500.00 - R1500.00 afhangende van waar, hoeveel mense en hoe lank) - sekerlik kan die tannietjie maar 'n koppie of wat vervang wat chip... Needless to say, ek het nog nooit besigheid na haar toe verwys nie!

Deesdae is die siening dat 'n KINDERpartytjie die volgende moet hê - nie noodwendig my siening nie, maar uit my ervaring:

* Huur 'n venue (want blykbaar is die skoonmaak vir almal 'n pyn en toe nou nie net vir my nie)
* Daar's 2 skole met betrekking tot die kinders se eetgoed: Die een skool glo in 'n Oordosis lekkergoed, die ander fokus op gesonde eetgoed - mooi verpak in 'n GEMERKTE houertjie (vir bg. rede) - moenie vergeet van die uithang eetgoed vir die grootmense nie
* Onthou die TEMA!!! Nie noodwendig die kind se keuse nie, want eintlik leef Mamma / Pappa hulle self uit, want hulle kon nooit so partytjie hou nie
* Aktiwiteite!!!
* Tafels, stoele, tafeldoeke, 'chair covers' en party vat dit verder met 'tie backs', 'table center pieces', foto borde en wat nog!
* 'n mooi koek (party sommer dubbel / 3-laag koeke)

Iewers het 'n bekende partytjie bedryfie se dame oor TV gesê: ''n Partytjie is nie 'n partytjie sonder vlaggies nie' - jammer tannie, maar ek wil met jou verskil! 'n Partytjie is nie 'n partytjie as jou hart nie daarin is nie! Jy kan al die 'trimmings' kry en jou ore van jou lyf af betaal op allerande 'cool' gadgets, maar as jou hart nie daarin is nie, is die pret vir jou verlore!

Die evolusie van (my) Partytjies - Deel 1

Partytjies is swierige geleenthede... Fanfare van 'n ander wêreld... Ja, right! Miskien in die vroeë 18-toets, toe almal nog mooi rokke aangetrek het, 'up-styles' gedra het, en met onmoontlike asemhalings'probleme' die middellyn tot 'non-existing' ingetrek het... Bly ek't nie toe nodig gehad om op te 'dress' nie... want ek haat goed wat te styf sit (that's a bit 2 much info...)

Dink ek's aandag afleibaar, want ek weet glad nie hoe ek by die bg. comment gekom het nie... Ek wou eintlik net sê:

Toe ons kinders was - ja, seker so 30+ jaar terug vir die meesste van my teiken mark - het ons partytjies meestal bestaan uit kinders (uit jou ouers se vriendekring), 'n verjaarsdag koek wat jou Ma met liefde aan mekaar geslaan het en 'n paar bakke met chips & ander lekkergoed! Dan was daar ook SOMS die roomys'cone'hansworse met Marshmallow koppe en moenie vergeet van die Boudiour koekie resies karre nie... NJAMMIE!!!!

Hoe ouer jy geword het, hoe skraler was die kanse dat jy 'n partytjie gaan kry... Dan het jy seker ook deur die fase gegaan van 'dress-up' partytjies, waar jy soos jou Ma / Pa moes aantrek...

EN die era van 'garage parties' - my 'garage party' (die enigste ene wat ek ooit gehad het), moes ek SELF die 'garage' skoonmaak, want ek het die 'gaste' genooi sonder my Ma se toestemming... sy't soos gewoonlik eers veel later (eintlik helemal te laat) daarvan te hore gekom! Ek het ons hifi (en o glo my, dit het verseker meer soos 'n hol blik geklink) gebruik vir musiek - want ons gaan DANS!!!! Die ligte moes aan bly (ons was net in St 4 of 6, kan nie meer onthou nie) en die deure oop!

Daarna was daar nie veel partytjies nie. Iewers in die hoërskool was daar weer danspartytjies (maar by ander mense se huise) - een spesifieke een spring op my... en die outjie het ligte 'the works' gehad... Ice, Ice, Baby......

Op universiteit het partytjies bestaan uit 'n braai en oormatige gebruik van alkohol - goedkoop alkohol... Hemel, wat het ons (ek) gedink??? Het 'obviously' nie gedink nie, net geniet

Dan breek die werksfase aan - nie geken aan partytjies nie, maar aan dans... dans by plekke soos Prestleys (en Topaz, maar dis 'n tema vir 'n ander dag!) - en die dag wat jy jou eie plekkie bekom doen jy die ete ding... fondues, braai... noem maar op... Sien, hier's ek weer op 'n onderwerp en ek weet nie hoe ek hierby uitgekom het nie!

Jy trou - weer 'n partytjie! Baie mense, almal nie bekend aan jou nie, maar jy werk jou agterent af en die dag vlieg verby! Jou voete seer gedans, jou rok vuil, julle albei pootuit! En so skop julle die huwelik af!!! Twee riviere wat een word, was die preek (dankie Sarel, ek onthou - pê-wê!)

... To be continued ...

Begin by die Begin...

'n Paar gedagtes...

My Blog... 'n bietjie satire... Almal van ons gaan nie saamstem dat Partytjies Prettig is nie... Ek wou (on) in hakkies invoeg, maar het gedink dis bietjie negatief en negatief en partytjie in dieselfde sin gaan nie hand-aan-hand nie!

Nou ja toe, hoop ek gaan die avontuur geniet! As my gedagtes jou verveel - sorry! As dit jou laat lag - is dit goed - baie goed!

So.... 'hier gaat ons!'